Krummelpap

Krummelpap is 'n ander gewilde Suid-Afrikaanse variasie van mieliepap, maar in teenstelling met slappap, is dit droog en grof met 'n fyn krummelrige tekstuur. Dit word gemaak deur minder water te gebruik en die mieliemeel stadig met 'n vurk of houtlepel te roer totdat dit krummels vorm.
4-6 Porsies
Bestanddele
- 250ml water
- 2.5ml sout
- 500ml mieliemeel
Metode
Bring water en sout saam tot kookpunt in 'n kastrol - hou die deksel op, sodat die water nie verdamp nie. Gooi mieliemeel in die middel van die water en maak onmiddelik toe met 'n deksel. Die water moet byna heeltemal wegkook. Wanneer daar net 'n klein bietjie water in die kastrol oor is, roer die mieliemeel deur met 'n vurk, dis hoe die krummels vorm. Stoom met 'n toe deksel vir nog 10-15minute.