Karen Zoid - Live in Amsterdam, Saterdag, 14 Oktober 16h30 tot laat

Karen Zoid - Live in Amsterdam, Saterdag, 14 Oktober 16h30 tot laat

Regular price
€0,00
Sale price
€0,00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Tax included.

KAREN ZOID vir SLEGS EEN AAND in Amsterdam te sien

Afrikaners kan eersdaags in Amsterdam, Nederland, naderstaan om plesierig te raak wanneer die Suid-Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid daar op die planke te sien sal wees.

Karen sal slegs vir een aand op Saterdag 14 Oktober die stembande, instrumente en litte los maak op die verhoog van die gesogte Theater Amsterdam.

Karen is nie net ʼn briljante musikant en liedjieskrywer nie, maar is ook ʼn uitstekende storieverteller en sal die gehoor vermaak met die beste vanuit haar musiekskatkis wat meer as twee dekades se treffers bevat.

Op tuisbodem is Karen ʼn geliefde sangeres en liedjieskrywer, aktrise en TV-aanbieder, en is bekend om Afrikaanse treffers soos “Afrikaners is plesierig”, “Engel”, “As musiek begin speel”, “Deurmekaar” en “Vir jou”, en Engelse treffers soos “Small Room”, “Aeroplane Jane” en “Drown out the noise”.

Haar gesogte TV-geselsprogram, Die Republiek van Zoid Afrika, was ook ʼn reusesukses op kykNET.

“Ek is lief daarvoor om na die buiteland te reis en is opgewonde om saam met my Suid-Afrikaanse aanhangers in Amsterdam te rock and roll. Die vooruitsig om nuwe Hollandse fans en vriende te maak, is ook uiters opwindend. Ek kan nie wag om daar te speel nie,” sê Karen.

Tyd: Deure is vanaf 15h30 al oop

Datum: Saturday, 14 Oktober 2023

Plek: Theater Amsterdam 5 Danzigerkade 1013 AP Amsterdam

Parkering: Minerva Parking, Koivistokade 36, 1013 BB Amsterdam

Kaartjies: vanaf EUR 43,13. Koop asb op Eventbrite 

Kroeg is beskikbaar vanaf 15h30 - 23h00.

Customer Reviews

Be the first to write a review
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)