Daar's 'n vegan op my Verandah

Daar's 'n vegan op my Verandah

Regular price
€36,00
Sale price
€36,00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Tax included.

"Daar's 'n vegan op my verandah" is 'n boek om te koester. Louis Jansen van Vuuren en Bella Niehaus weef 'n ryk tapyt van verhale saam met resepte uit die organiese plantewêreld. Die vars bestanddele kom hoofsaaklik uit die bos- en kombuistuin by Le Rembucher, waar Louis en ek in die Franse platteland woon. Maak jou gereed vir heerlike, maklik-te-maak geregte, geïllustreer deur fotograaf Yvette Jordaan op so 'n manier dat dit beslis jou mond sal laat water.

Bella se Langtafel-lunche by haar Duinhuis aan die Weskus is net so bekend soos die verbeeldingryke vegan etes wat Louis bedien by Café Vincent en Château la Cruezette. Beide Bella en Louis is kreatiewe persoonlikhede wat hul gaste altyd verbaas met innoverende smaak- en geurkombinasies. Hierdie boek inspireer almal om te speel in die natuur se eie tuin van Eden. En almal stem saam: As ons soos hierdie kan eet, elke dag, sou dit net 'n plesier wees om 'n plantgebaseerde dieet te verken. Om die oorvloed en verskeidenheid te ontvang wat Moeder Natuur aan ons almal bied.

"Daar's 'n vegan op my verandah" sal hopelik lesers inspireer om 'anders te eet: ten minste een keer per week en sodoende 'n betekenisvolle bydrae te lewer tot die vertraging van die agteruitgang van ons planeet. Hierdie indrukwekkend saamgestelde boek behoort in alle kosliefhebbers se kombuise te wees.

Customer Reviews

Based on 1 review
100%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
C
Customer
Dreaming of south Africa while eating vegan

Delicious recepies wrapped in beautiful photos of South Africa!!